Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID AFRIKAANSE RADIO LIGA NUUS SONDAG 22 MAART 2015
Goeiemore en welkom. Hier volg die SARL-nuus vir Sondag 15 Maart 2015 gelees deur..........(Naam; roepsein en QTH)
Jy kan elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd na 'n uitsending van die SARL-nuus in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels luister.
'n Teksweergawe van hierdie bulletins kan ook van die SARL webwerf,www.sarl.org.za afgelaai word en jy kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per epos te ontvang.

Daar is 'n skakel na 'n oudio weergawe van die bulletin op dieselfde blad beskikbaar.

IN DIE NUUS VANDAG
NUWE RADIO REGULASIES BINNEKORT GEPUBLISEER
LISENSIE FOOIE TEEN 31 MAARTBETAALBAAR
BESPREEK NOU VIR DIE NASIONALE KONVENSIE
ZS6MRK NEEM DEELAAN DIE CQ WW WPX KOMPETISIE
EN SARL@HOME BEKYK DX EN KOMPETIESIEWERKING

** Die hersiene frekwensie spektrum regulasies behoort spoedig, selfs nog binne die volgende week, gepubliseer te word. OKOSA het sy werksaamhede rondom die evaluering van die insette voltooi en die konsepdokument is nou aan OKOSA se raad vir goedkeuringvoorgelę.

Die SARL het ook wysigings voorgestel wat op die SARL webblad onder die Amateur Radio Today-skakelgevind kan word. Die vraag is nou hoeveel van hierdie voorstelle deur OKOSA aanvaar gaan word. Tydens die kwartaalvergadering tussen OKOSA en die SARL was daar van hulle kant af geen kommentaar oor die aangeleentheid nie.

** Amateurradiolisensie gelde is voor 31 Maart 2015 betaalbaar. Indien jy dit nog nie betaal het nie, doen dit dan asseblief nou. Gebruik jou lisensienommer sowel as jou roepsein as verwysing om enige verwarring te voorkom. Diegene wat by hul naaste poskantoor betaal het, mag dalk vind dat daar steeds ‘n klein uitstaande bedrag op hul rekening gereflekteer word. OKOSA meen dat amateurs dit kan ignoreer aangesien dit ‘n probleem tussen OKOSA en die poskantoor is, wat binnekort reggestel sal word.

** Bespreek nou vir die Nasionale Konvensie van die SARL, wat deur die Bloemfontein Amateurradioklub in die Rosestad aangebied sal word vanaf 17 tot 19 April 2015. Besprekings kan noual gedoen word en volle besonderhede is op die SARL se webwerf by www.sarl.org.za beskikbaar

** Die Suid Afrikaanse radioliga se 5MHz aktiwiteitsnaweek vind op 28 en 29 Maart plaas. Die eerste gedeelte begin om 06:00 en eindig om 08:00 plaaslike tyd en die tweede tussen 18:00 en 22:00 plaaslike tyd. Dit is `n Enkelsyband aktiwiteit op 5260 KHz en net SARL-lede mag daaraan deelneem.


** Die volgende SARL@HOME vind op 28 Maart om 14:00 by die Nasionale Amateurradiosentrum plaas. Stuur `n e-pos na rta@sarl.org.za of kontak Vonnie by telefoonnommer 011-675-2393om verversingsreëlings te vergemaklik.
** Die Magalies Radio-Amateurklub gaan gedurende die naweek van 28-29 Maart aan die CQ World-Wide WPX kompetisiedeelneem. Dit begin om 0000 UTC op die Saterdag en eindig om 2359 UTC op die Sondag. Die doel van die kompetisie is om wereldwyd kontak te maak met soveel as moontlik amateurs in soveel as moontlik verskillende lande.

Jy as radio-operateur is ook baie welkom om behulpsaam te wees deur aan die kompetisie deel te neem. MRK nooi alle belanggstellendes uit om die Saterdag en Sondag by die kompetisiestasie, wat Oos van Pretoria by Kleinfontein, Donkerhoek, opgerig gaan word, te kom kuier. Braaivleisvure sal Saterdagmiddag al beskikbaar wees. Bring jou vleisie en iets om te drink en kom geniet die middag saam met die lede van MRK. Daar is ook uiters veilige kampeerfassiliteite vir tente en karavane beskikbaar.

Ander inligting en 'n kaart sowel as Pieter ZS6PA en Sam ZS6JZ se kontakbesonderhede is op MRK se webblad by www.zs6mrk.org onder komiteelede beskikbaak. Skakel hulle gerus.

** ZS90SARL het tot op hede 6220 kontakte gemaak waarvan 2191 reeds deur Węreld-Logboek of te wel LoTW, bevestig is. Al die logstate is nog nie ontvang nie. Diegene wat nog met ZS90SARL wil kontak maak, het het nog kans tot 19 April.

** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs ontvang:
Alexander Gerald Bauer, ZS1AG;
Pierre Joubert, ZSL1138.

Enige besware teen die aanvaarding van hierdie aansoeke moet die Sekretaris voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin bereik.
Die lidmaatskaptal van die SARL staan tans op 1631 en 38 klubshet geaffilieer

** Klubs word versoek om hulle kontakbesonderhede op te dateer.
Daar is 'n aantal klubs met verouderde inligting op die SARL webblad by www.sarl.org.za/public/local/ClubsList.asp. Klubkomitees word versoek om die webblad te besoek en indien nodig, die inligting op te dateer deur op die "update" ikoon langs die klubroepsein te kliek. Die kantooradminstrasie saldie opdateerde inligting op SARL se databasis laai.

** Hier volg nou `n ernstige beroep op alle radio-amateurs. Moet asseblief onder geen omstandighede jou R120 amateurradiolisensiegelde op die SARL se bankrekening inbetaal nie. Dit plaas onnodige druk op die SARL se administrasiekantoor sowel as die SARL se bankkostes t.o.v. addisionele transaksiefooie
Indien jy wel so `n betaling gedoen het, en nie die SARL daarvan verwittig het nie, sal dit as `n donasie vir die president se fonds beskou word.Die SARL sal nie jou lisensie namens jou hernu nie.
Betaal asb. die hernuwingdirek aan aan OKOSA soos die Telekommunikasiewet dit vereis.


** Die Alle Modus Afrika DX wedstryd het verlede naweek plaasgevind. Daar was heelwat aktiwiteit op die bande en sommige stasies het heel goed gevaar. Die wedstryd is per abuis oor dieselfde naweek as die Beru-wedstryd gereël en dit is moontlik dat daar verwarring kon wees. Daar is tot dusver 25 logstate hoofsaaklik van DX-stasies af ontvang. Geoff Levey ZS6C vertrou egter dat hierdie wedstryd net van krag tot krag sal gaan. Die uiteinde van die doelwit is om meer Afrika-stasies betrokke te kry.

Die Pretoria Amateurradio-klub se eerste kwartaalikse vlooimark word op Saterdag 28 Maart gehou. Die hekke open om 08:00. Die gewone PARK vlooimark-perseel by die Pretoria Ou-motorklub in Keuningstraat, Silverton, reg langs die Pioniersmuseum se ingang. Dit is Pretoriaweg,die ou Pretoria-Bronkhorstspruitpad, (Oos-waarts uit Pretoria met Kerkstraat). Hierdie is 'n groot vlooimark met baie verkopers van nuwe en gebruikte toerusting. Die vlooimark is ook 'n belangrike sosiale gebeurtenis op die amateurkalender, met baie amateurs uit Pretoria en ander omliggende dorpe in Gauteng wat daar teenwoordig sal wees.
Daar is baie veilige parkeerplek. Verversings sal ook beskikbaar wees.
Moet dit nie misloop nie.Sien jou daar by Suid-Afrika se oudste, grootste en mees aktiewe radioklub.

Indien jy 'n tafel wil bespreek, of meer inligting benodig, skakel vir Almero, ZS6LDP by 083 938 8955 of stuur 'n epos aan almero@up.ac.za

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot matig gaan wees. Plaaslike geo-magnetiese toestande is versteurd en dit het 'n invloed op HF kommunikasie.

Sonvlekke AR2297 en AR2302 het "beta-ganna-delta" magneetvelde wat genoeg energie vir M-klas sonfakkels huisves.

Die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 40 vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen.

Amateurs kan veral laatmiddag goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Dagboek
17 - 19 April - SARL nationale konvensie in Bloemfontein
28 Maart - SARL @HOME by die NARS
28 - 29 Maart - 5MHz Aktiwiteit naweek.
28 - 29 Maart –ZS6MRK op die lug met die CQ WW WPX geleentheid
28 Maart - PARC Flooi mark
02 April - 80m QSO Party
04 April - RaDAR uitdaging
11 April – SARLherfs QRP wedstryd
18 April – Wereld Amateurradio dag

En om mee af te sluit ‘n terugblik op ons hoofberig: OKOSA het hul ondersoek na die konsepregulasies afgesluit en die finale regulasiedokument aan OKOSA se raad oorhandig vir goedkeuring. Die finale regulasies mag dalk so vroeg as eerskomende week gepubliseer word.Wees op die uitkyk daarvoor.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga se webtuiste onder die "newsinbox" skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op
7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4895 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapport, kommentaar en voorstelle. Stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat saamgestel is deur Dawie Conradie ZR6DHC, geredigeer deur FLIP BRITZ ZS4GE en gelees IS deur ___________________.

Die SARL nuusbulletin word saamgestel namens die Suid Afrikaanse Radioliga, die verteenwoordigende ligaam vir amateurradio in Suid Afrika.

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003